Скачать книгу - Vyf-en-veertig skemeraandsange



’n Nuwe digbundel deur een van Afrikaans se heel grootste digters is altyd ’n gebeurtenis, en vyf-en-veertig skemeraandsange is ’n besonderse toevoeging tot die merkwaardige oeuvre van hierdie meesterdigter. In sy jongste bundel (volledige titel: vyf-en-veertig skemeraandsange uit die eenbeendanser se werkruimte) kom die leser weer eens onder die indruk van Breyten Breytenbach se verbluffende hantering van beelde, vind ons weer eens die belangrikste motiewe in sy werk – die magiese spel met die taal en die woord self, die dans, liefde, verganklikheid.


Sewe-en-veertig Sewe-en-veertig

Автор: Irma Venter

Год издания: 

Sarah Fourie kry halfvier op ’n koue wintersoggend ’n oproep van Mosela Mosholi, ’n ou vriendin uit haar tronkdae. Sarah moet nou kom, Kaapstad toe. Datameester Mosi se rekenaars voorspel ’n vierde moord op ’n toeris binne die volgende paar dae en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help. Sarah kan nie nee se nie. Sy ken Mosi al jare lank, en haar skuld is groot. Sy sleep haarself uit die bed, gryp ’n oornagsak, en bel vir Jaap. Want Jaap Reyneke moet saam – sy jare as polisieman is al raad wat sy het indien ’n moordenaar in die moederstad skuil. Dit is ’n onvoorspelbare, donker Kaapstad wat op Jaap en Sarah wag. ’n Stad waarin misdadigers die toutjies trek, waar hommeltuie bokant jou stilweg tred hou van goeie en minder goeie dade, en toeriste salig onbewus is van dit wat in Clifton en Kampsbaai broei. Nog ’n verbluffende roman deur die meester-krimiskrywer Irma Venter.