Скачать книгу - SA kookboek vir allergiee en voedselsensitiwiteit



Met voedselallergiee en -onverdraagsaamheid wat aan die toeneem is, is ‘Die Suid-Afrikaanse kookboek vir allergiee en voedselsensitiwiteit’ ’n noodsaaklike gids. Nie alleen verskaf hierdie boek kundige inligting en wenke nie, maar dit bevat ook meer as 200 resepte vir elke maaltyd van die dag, insluitend tussenin-happies en soetgoed. Die beproefde resepte is oor die jare nog verder verbeter en aangepas vir Suid-Afrikaners se spesifieke eetgewoontes. Die bestanddele is geredelik beskikbaar en bekostigbaar, en elke resep bevat ’n voedingstofanalise en voorstelle en variasies sodat jy dit kan aanpas volgens jou eie behoeftes. Met resepte vir vullende ontbyte, insluitend pap en smoothies, heilsame soppe, ideaal vir werk of skool,heerlike proteiengeregte, met ou gunstelinge soos hoenderschnitzel en bobotie, styselkos wat die energievlakke ’n hupstoot gee, geurige souse, smere en vulsels, smaaklike gebak – van koeke, muffins en beskuit tot terte en koekies, tuisgemaakte lekkers en nageregte.


Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes

Автор: Hilda Lategan

Год издания: 

Statistieke bewys dat diabetes skrikwekkend toeneem onder Suid-Afrikaners. Al hoe meer mense – ook kinders – se lewe en eetgewoontes word deur die siekte geraak. Hierdie kookboek sal jou help om jou diabetes en insulienweerstandigheid onder beheer te kry en bevat meer as 100 smaaklike en gesonde resepte, resepte met maklik verkrygbare, bekostigbare bestanddele, belangrike inligting oor tipe 1- en tipe 2-diabetes, swangerskap-diabetes, ingekorte glukosetoleransie en die glukemiese indeks (GI), ’n voedingstofanalise by elke resep, wenke vir spyskaartbeplanning en inkopielyste en pragtige foto’s van die geregte. Hilda Lategan het die beste resepte uit haar twee topverkoper-boeke in die 'Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulienweerstandigheid' -reeks gekies, sodat jy en jou gesin elke dag heerlik en gesond kan eet. Die resepte is watertandlekker en strek van ontbyt, sop, styselgeregte, ligte en hoofmaaltye tot gebak en iets vir jou suikertand.