Скачать книгу - Omvattende swangersap-, geboorte- en ouerskapgids



In die omvattende gids gesels suster Lilian oor wat op jou wag van die oomblik dat jou swangerkap bevestig is, totdat jou peuter op sy eie in die gang af waggel. Die vrae wat alle nuwe ouers kwel word eerlik en met begrip beantwoord, en met praktiese raad aangevul. Suster Lilian, Suid-Afrika se bekendste babasorgkenner, het meer as dertig jaar ervaring, en haar raad is gerusstellend dog realisties. Talle kwessies – van jou keuses vir die bevalling, die pa se rol, kinderkwale en siektes, nagvoedings en slapelose nagte, tot hoe werkende ouers hul lewe makliker kan maak – word met gesag en deernis bespreek.


Omvattende Gids vir Gesinsgesondheid Omvattende Gids vir Gesinsgesondheid

Автор: Linda Friedland

Год издания: 

Die Omvattende gids vir gesinsgesondheid is 'n gebruikersvriendelike naslaangids vir Suid-Afrikaners: hoe om siektes te voorkom, die algemeenste siektes, kindergesondheid en kindersiektes, mans se gesondheidsprobleme, vroue se gesondheidsprobleme, simptome en behandelingsopsies, noodhulp en trauma. Maak seker jy het hierdie uitstekende naslaanbron altyd byderhand, sodat jy in belang van jou familie se gesondheid die beste besluite kan maak.


Suster Lilian se swangerskap & geboorteboek Suster Lilian se swangerskap & geboorteboek

Автор: Lilian Paramor

Год издания: 

Suster Lilian is ’n ervare vroedvrou met praktiese ondervinding van swangerskap, geboorte en kindersorg. In die bygewerkte uitgawe van haar hoog aangeskrewe 'Swangerskap- & geboorteboek' rus sy verwagtende ouers toe met ’n ryk skat van inligting. Hoe om die gesondste moontlike baba in die gunstigste omstandighede te verwek, ’n week-vir-week-gids deur elke stadium van swangerskap, bied die algemene klagtes en kwale van swangerskap die hoof, wat om te doen in die geval van ernstiger siektetoestande en komplikasies, ’n volledige voedingsgids en oefenplan, kombineer optimale mediese veiligheid met die voordele van ’n meer natuurlike benadering, eenvoudige antwoorde op algemene vrae, waardevolle raad vir die versorging van die pasgebore baba, ’n nuttige lys steundienste, en baie meer.