|
Die Van Breda's was die perfekte gesin. Skatryk, suksesvol en geliefd. In 'n luukse landgoed buite Stellenbosch lei hulle oenskynlik 'n droomlewe. Tot alles oornag verander. Die grumoorde op Martin, sy vrou, Teresa, en hul seun Rudi skok die land tot stilstand. Julian Jansen, een van die eerste joernaliste op die toneel, besef dadelik: die saak gaan buitengewone eise aan die polisie stel. Terselfdertyd raak die gebeure hom diep. Van die familie en vriende stort mettertyd hul harte teenoor Jansen uit, en 'n prentjie kom na vore van ouers raadop met 'n moeilike «eenkantkind», boonop met 'n dwelmprobleem… Kan dit wees dat die Van Breda's se eie kind die byl gelig het? Rapport-joernalis Julian Jansen volg die moordsaak dag en nag reg van die begin af. Nie net as verslaggewer vir die grootste Afrikaanse koerant nie, maar ook omdat hy die menslike sy van die tragedie probeer verstaan. Получить ссылку |
Eugene de Kock: Sluipmoordenaar van die staat
Автор: Anemari Jansen
Год издания:
Eugene de Kock het die bloed van tientalle mense aan sy hande. Vir die meeste Suid-Afrikaners is hy die «monster» van Vlakplaas. Tog was Anemari Jansen gefassineer toe sy hom in 2011 vir die eerste keer in Pretoria-Sentraal ontmoet. Hoe versoen sy die man «met die sagte stem» met die mens wat Prime Evil gedoop is? Jansen se soeke na antwoorde het haar na alle uithoeke van die land geneem, na De Kock se familie, vriende en oud-Koevoet- en Vlakplaaskollegas, wat talle ontboesemings teenoor haar gemaak het. Sy haal ook groot dele aan uit De Kock se dagboeke en 'n ongepubliseerde tronkmanuskrip. In sy eie woorde is De Kock skreiend eerlik: oor sy wandade, oor sy opdraggewers – en oor sy berou. Die boek skets 'n prentjie van 'n intelligente, komplekse mens. Dit belig nie net De Kock se keuses nie, maar ook die onlangse Suid-Afrikaanse verlede op 'n openbarende, soms skokkende manier.
Clint Eastwood Van Wyk en die Moordernaarsklok
Автор: Pieter Verwey
Год издания:
In die middel van die Moordenaarskaroo le daar ’n geheim so groot soos Google Earth. En ten minste vier keer so gevaarlik. Vir Clint Eastwood van Wyk en sy nefie Budde beteken dit ’n vakansie propvol avontuur en onmoontlikhede. Soos byvoorbeeld meerminne en oerskerpioene wat jou maklik opkots as jy nie oppas nie. Dis nou die skerpioene, nie die meerminne nie. En dan praat ons nie van al die spoke, gangsta-rappers, legendes, gefossileerde gediertes, die mal Engelse lord en maller Victoriaanse robot wat ewe skielik hulle opwagting maak nie. M-punt-a-punt-w-punt – Clint Eastwood se perfekte vakansie. Dis nou as hy dit gaan oorleef . . .
Die leliemoordenaar
Автор: Lerina Erasmus
Год издания:
Haat vir jou het my dag vir dag aan die lewe gehou, Harm. Vir soveel jare het ek net vir hierdie oomblik gelewe . . . vir so lank sien ek al daarna uit. Dis nou tyd, so laat ons begin. Johannesburg, 1985. Twee boesemvriende – ondersoekende joernalis Braam Brink en weermagman Adam Williams – ontmoet vir ontbyt by ’n plattelandse kafeetjie naby die Hartbeespoortdam. Adam onthul sy rol as soldaat tydens die apartheidsjare; kort daarna verdwyn hy tydens ’n ekspedisie in Angola. Braam begin ondersoek instel, maar dan word sy liggaam in sy huis gevind. Die bevinding is selfmoord. Dertig jaar later volg topspeurder Daniella Hector, Braam se dogter, die spoor van ’n berugte reeksmoordenaar. Hy slaan klokslag elke drie weke toe, en span sy web al hoe nouer. Hou die moorde verband met ’n figuur uit Daniella se verlede . . . en met die dood van haar pa dekades vantevore?
The De Zalze Murders
Автор: Julian Jansen
Год издания:
The Van Bredas were the perfect family. Wealthy, successful and well-liked. In a luxury estate just outside Stellenbosch they lived what seemed like a dream life. But everything changed overnight. The gruesome murders of Martin, his wife Teresa and their son Rudi shocked South Africa. Julian Jansen, one of the first reporters on the scene, immediately realised that the case was going to place exceptional demands on the police. He was also deeply shaken by the events. As relatives and friends one by one started talking to Jansen, a picture emerged of parents at their wits' end with their difficult 'loner' child and his drug problem. Could it be that the Van Bredas' own son had wielded the axe? From the moment the news broke, Rapport journalist Julian Jansen has followed the case closely as a reporter for the Sunday press grappling with the human side of this tragedy.
Чтобы скачать книгу, отключите блокировку рекламы. Спасибо!