Leeus met letsels (skooluitgawe)
Автор: Fanie Viljoen
Год издания: 0000
Buyi voel soos ’n vreemdeling in London – die plek waar hy gebore is en grootgeword het. Maar toe hy vir die soveelste keer moeilikheid by die skool optel, besluit sy ma hy moet by sy pa, wat hy nog nooit geken het nie, in ’n wildreservaat in Suid-Afrika gaan bly. Maar ook hier voel hy nie tuis nie, veral omdat hy en sy bombastiese pa van dag een af nie oor die weg kom nie en die plek vol vreemde bedreigings is. Hy kom gou agter Afrika bestaan nie net uit wonderlike landskappe en eksotiese diere nie, maar ook gevaar. ’n Mensvreter-leeu sluip in die wildreservaat rond opsoek na sy volgende prooi … Hoe gaan die avontuurlike Andre en saggeaarde Simoshile hom uiteindelik help om die letsels wat die leeu agterlaat, maar ook die in sy hart, te verwerk?
Hierdie skooluitgawe van Leeus met letsels is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.humanrousseau.com.
Leeus met letsels
Автор: Fanie Viljoen
Год издания:
Buyi kom gou agter Afrika bestaan nie net uit wonderlike landskappe en eksotiese diere nie, maar ook gevaar. ’n Mensvreter-leeu sluip in die wildreservaat rond op soek na sy volgende prooi . . . Hoe gaan die avontuurlike Andre en saggeaarde Simoshile hom uiteindelik help om die letsels wat die leeu agterlaat, maar ook die in hy hart, verwerk?
Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe)
Автор: Eleanor Baker
Год издания:
In Die kwart-voor-sewe-lelie skryf Eleanor Baker met ’n satiriese aanslag en fyn insig oor die wel en wee van ’n stadsgesin wat bestaan uit ’n vergeetagtige ma, ’n gemoedelike pa, Iris en haar twee susters, Elsa en Kara, hul “Hollandse” hond, ’n huishulp wat presies weet wat sy wil he en ’n buite-aardse beskermengel met ’n aardse humorsin. In die karakters se doen en late sien die leser, met ’n glimlag, baie van hom/haarself. “Ek het jou al vertel van my naam,” se Iris, die sentrale figuur in hierdie bekoorlike roman, “. . . ek glo ek sal eendag blom.”
Vlis met vlerke (skooluitgawe)
Автор: Annemari Coetser
Год издания:
Om speurder te speel, was nie deel van Andine se vakansieplanne nie. As sy geweet het van die skrikwekkende ervaring wat vir hulle voorle, het sy Jam oortuig om hulle liewer huis toe te neem. Wie sou kon raai dat haar pad met die van boewe en ’n sangoma sou kruis? Maar dis in hierdie buitengewone omstandighede dat Andine haar eerste tree in die grootmenswereld gee: die “vlissie” kry vlerke.
Hierdie skooluitgawe van Vlis met vlerke is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.tafelberg.com.
Vlerkdans (skooluitgawe)
Автор: Barry Hough
Год издания:
Hannes lewe vir kuns, Anton vir dans. Maar dan vind Anton uit hy het Vigs. In ’n laaste poging om Anton se lewe te vier, probeer Hannes sy vriend in ’n skildery in die middel van ’n hoe sprong vasvang: soos ’n feniks wat verrys uit die as. Vlerkdans is bekroon met ’n Goue Sanlam-prys vir Jeuglektuur en ’n ATKV-kinderboektoekenning (13-15 jaar).
Hierdie skooluitgawe van Vlerkdans is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.tafelberg.com.
Anna Atoom en die seerower se dolk (skooluitgawe)
Автор: Elizabeth Wasserman
Год издания:
’n Ekologiese ramp tref die aarde: alge begin die oseane oorgroei en bedreig alle lewe in die see. Terwyl Anna se ouers probeer uitvind wat dit veroorsaak het, en hoe om dit te keer, stel Anna net in een ding belang: ’n antieke dolk wat sy in die see gevind het. Sy glo dit het meer as tweehonderd jaar gelede aan ’n beroemde seerower behoort. Maar waar le die wrak van sy skip? En wat het van sy skat geword? Die Anna Atoom-reeks is bekroon met die Alba Bouwer-prys vir kinderliteratuur (2013).
Hierdie skooluitgawe van Anna Atoom en die seerower se dolk is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.tafelberg.com.