Eet gesond, voel goed
Автор: Adele van der Merwe & Jeske Wellmann
Год издания: 0000
“Praktiese advies oor wat en hoe om te eet as jy kanker het … ’n bruikbare, verstaanbare gids.” – Megan Pentz-Kluits, dieetkundige konsultant vir KANSA. Deur reg te eet kan kankerlyers hul immuunstelsel versterk – en beter voel. Twee van Suid-Afrika se voorste kundiges wys in die boek hoe mense met kanker, hul versorgers en hul families kanker met die regte kos kan bestuur. Met hope resepte, goed verpakte inligting en pasgemaakte maaltydplanne is hierdie boek veel meer as bloot ? resepteboek. Dit onderskei tussen die verskillende soorte kanker en gee oplossings vir die spesifieke voedingsprobleme wat gepaardgaan met verskillende behandelings, dit gee raad vir die bestuur van die newe-effekte van kankerterapie, soos ? droe mond of naarheid wat dit soms moeilik maak om behoorlik te eet. Die geregte is maklik om te maak en kan aangepas word vir verskillende kosvoorkeure en elke resep sluit dieetkundige wenke in sodat dit volgens die individu se behoeftes aangepas kan word. Hierdie boek help mense met kanker om voor, tydens en na hul behandeling beter te eet en te voel.
Omvattende Gids vir Gesinsgesondheid
Автор: Linda Friedland
Год издания:
Die Omvattende gids vir gesinsgesondheid is 'n gebruikersvriendelike naslaangids vir Suid-Afrikaners: hoe om siektes te voorkom, die algemeenste siektes, kindergesondheid en kindersiektes, mans se gesondheidsprobleme, vroue se gesondheidsprobleme, simptome en behandelingsopsies, noodhulp en trauma. Maak seker jy het hierdie uitstekende naslaanbron altyd byderhand, sodat jy in belang van jou familie se gesondheid die beste besluite kan maak.
Gesonde seks
Автор: Timothy Kieswetter
Год издания:
Seks is belangrik. God het dit belangrik gemaak. Wat is 'n seksueel gesonde huwelik? Is dit nie waar dat, wanneer dit in die huwelik goed gaan, seks vanself gebeur nie? Ons almal weet mos wat om te doen wanneer die ligte afgaan… Maar gesonde seks in die huwelik is nie vanselfsprekend nie. As ons gesonde seks in ons huwelike wil geniet, gaan ons oor seks moet begin praat. Nie as 'n nagedagte of as 'n voetnota of as 'n afgerammelde onderwerp nie, maar as 'n hoofpunt van bespreking. Met hierdie boek praat Timothy met elke mens op sy vlak – of jy nou konserwatief of oopkop is oor die tipe van goed. Timothy praat oor kwessies soos hoe God seksualiteit sien, seksrolle in 'n huwelik, orale seks, masturbasie, pornografie en sosiale media.
Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies
Автор: Dr Arien van der Merwe
Год издания:
Na raming het meer as 3,5 miljoen Suid-Afrikaners diabetes. Wereldwyd het ongeveer 150 miljoen mense metaboliese sindroom (wat diabetes insluit) en dit dikwels sonder dat hulle dit eers weet … Suid-Afrikaanse mediese dokter, skrywer en kenner op die gebied van holisties geintegreerde medisyne, dr Arien van der Merwe, verduidelik in hierdie tydige en maklik leesbare boek wat presies diabetes is, die simptome, en die verskillende soorte – tipe 1, 2 en 3, wat diabetes veroorsaak, van fisiologie tot emosies, wat pre-diabetes en insulienweerstandigheid is, hoe diabetes en metaboliese sindroom verwant is, hoe diabetes verband hou met hartsiektes, Alzheimers en depressie en die verskillende soorte medikasie. Sy verskaf praktiese oplossings oor hoe diabetes en verwante kwale bestuur kan word, deur onder meer leefstylaanpassings – van slaap tot ontspanning, die regte oefening, wat interval- en weerstandsoefeninge insluit, gesonde eetgewoontes en vas met tussenposes, die hanteer en bestuur van stres en die aanspreek van onderliggende emosionele aspekte. Dr Van der Merwe verduidelik die verband tussen jou liggaam, emosies en siel, en gee raad oor voedselaanvullers en kruiemiddels. Boonop bring die boek ’n boodskap van hoop: Diegene met diabetes en metaboliese sindroom se bloedsuikervlakke en verwante simptome kan doeltreffend bestuur word, soms selfs omgekeer word, wat dit moontlik maak om ’n normale, aktiewe en lang lewe te lei.