Die Poort 4: Krygers
Автор: Nelia Engelbrecht
Год издания: 0000
“Jy het dalk hierdie geveg gewen, Kali van Gaia, maar die oorlog is nog lank nie verby nie. Solank ons vir Zak het, het ek mag oor jou.” Hy kyk minagtend na Leonardo. “Julle emosies is julle swakheid; julle ondergang.” Ek leun vooroor en pers spikkels dans voor my oe. ’n Tikkie vrees flits vir ’n oomblik oor Chanda-Mundia se gesig. Ek knip my oe en die pers verdwyn. “Om vir mekaar om te gee, maak ons sterk, nie swak nie. En glo my, daar is nie ’n plek in die heelal wat ek nie sal omkeer om vir Zak te kry nie.”
Die Nuweling-Bewakers het die Internasionale Raad erg ontstel met hulle onvermoe om hulle Kragte en Magte te beheer, daarom bevind hulle hulle nou in Ierland. Maar Wicklow-kasteel is meer as net ’n opleidingsentrum – dis ook ’n gesofistikeerde beheersentrum wat al die Poorte op aarde monitor. Wanneer Kali ’n onwelkome gas in die kasteel toelaat, ontketen dit ’n reaksie wat die Ander die mag kan gee waarna hulle smag, en Kali se Bewakerkring vir altyd kan vernietig.
Dwaalpoort
Автор: Alexander Strachan
Год издания:
Dwaalpoort is ’n ou KwaZulu-Natalse familieplaas, geslagte reeds bekend om sy veekuddes, osse wat jaar na jaar rekordpryse op vendusies behaal. Maar ook om sy sonderlinge wit hartbeeste, ’n trop wat reeds aan die wereld se vroegste inwoners bekend was. Rentia het Dwaalpoort van haar pa geerf, en die plaas word nou deur haar man, Henning, bestuur. Ook op die plaas is die wildvanger en oudsoldaat Bullet. Hy was Rentia se pa se regterhand en voorheen haar minnaar. Dit is ’n ongemaklike saambestaan in ’n krisistyd in die plaas se geskiedenis. Strachan laat elkeen van die betrokkenes by die sleutelgebeure op Dwaalpoort daarvan vertel, en hul stemme is op sigself dwalende spore wat uiteindelik en noodwendig rigting kry na die laaste donker poort. En dit is asof die stemme harmonieer in ’n soort dodemars – die musiek van ’n era wat verbygaan. Terwyl dit alles voltrek word, staan die silhoeet van Mhlophe afgeets waar hy op die platorand oor Dwaalpoort neerkyk, soos wat hy eeue reeds doen. Met Dwaalpoort kry Strachan die magiese mengsel reg: op die oppervlak is sy verhaal ’n volkome genietbare en onmiddellik toeganklike verhaal van lus en liefde en geweld en geheimenisse. Daarby is dit ’n uiters stimulerende besinning oor menslike reaksies op ’n verkrummelende bestel.
Donkerpoort
Автор: Tryna du Toit
Год издания:
Donkerpoort: Ansie woon ’n kunsuitstalling saam met haar ryk stiefvader, Jacob Lessing, ryk nyweraar en kunsversamelaar, by. Haar ontmoeting met John Stevens, die begaafde jong kunstenaar, sien sy later as die begin van ’n reeks noodlottige gebeure op Donkerpoort, die spoglandgoed van die ryk Lessings.
Paspoort na gevaar
Автор: Ena Murray
Год издания:
Die vurige Nicolette de Lille vlug na die Kaap van die Goeie Hoop, want sy sien nie kans om met ’n Franse laventelhaan te trou nie. Maar ’n soortgelyke dilemma wag hier op haar . . .
Die Poort 1: Bewakers
Автор: Nelia Engelbrecht
Год издания:
“Die poort is oop.” Ek skrik my amper besimpeld toe die ou tannie langs my skielik praat. Ek draai na haar toe. My nekhare rys en my lyf slaan hoendervleis uit. Ek sweer iemand het haar iewers in ’n begraafplaas opgegrawe. Geel vel span styf bo-oor haar kop, en hier en daar klou bossies hare soos droe gras aan haar kopvel vas. Sy leun nader. Ek ruik verlepte blomme. “Jy het haar ook gesien,” se sy. “Hulle het haar kom haal.” Sy trek haar ogies nog kleiner. “Die stomme baba. Hy gaan nou sonder ’n ma grootword.” Skielik gryp sy my hande. Ek kyk af. Kraaikloue klem my vingers vas. ’n Vreemde hitte styg op in my arms, my nek, my kop. Ek probeer my hande uit hare trek, maar my spiere wil nie na my brein luister nie. “Ek weet nie wat Tannie . . .” “Jy weet,” val sy my in die rede. “Jy sien. Nes ek.”
Die Poort 2: Reisigers
Автор: Nelia Engelbrecht
Год издания:
Die nuweling-Bewakers – Tara, Nomsa, Leonardo en Kali – se Kragte en Magte word sterker. Toe Tara se ma ontvoer word, oorreed Tara hulle om deur die Poort te gaan om na haar ma te gaan soek, al het die Raad van Bewakers dit streng verbied. Intussen word die band tussen Leonardo en Kali al hegter. Hoe lank sal sy nog vir Zak kan jok oor waarom sy en Leonardo so baie tyd saam deurbring? En sal die Nuwelinge se Kragte en Magte sterk genoeg wees om wat ook al hulle bedreig, te stuit?